'n Droë wit seisoen

by André Brink

2020-05-07 20:23:50

’n Politieke roman oor die dood van ’n swart man in aanhouding in die sewentigerjare. As roman (aanvanklik verbied), en later as film, het ’n Droë wit seisoen’n baken in die Suid-Afrikaanse literatuur geword.In die midde... Read more
’n Politieke roman oor die dood van ’n swart man in aanhouding in die sewentigerjare. As roman (aanvanklik verbied), en later as film, het ’n Droë wit seisoen’n baken in die Suid-Afrikaanse literatuur geword.In die middel staan Ben du Toit, “’n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige mens”. Maar dan word sy ingebore sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en dié se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie ’n politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit ’n morele kwessie. Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde.Wanneer Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente, uitknipsels, verklarings, ens. – inligting wat hy teen die Veiligheidspolisie ingesamel het – aan ’n ou universiteitsvriend, ’n skrywer wat dit alles kan dokumenteer … Sodat niemand hierna ooit durf sê: “Ek het nie geweet nie.” Less

Book Details

Print pages260
PublisherHuman & Rousseau
Publication date April 29, 2005
ISBN9780798158633

Compare Prices

Store Availability Book Format Condition Price
Barnes & Noble In Stock NOOK Book NOOK Book Buy USD 10.49
Barnes & NobleIn Stock
Format
NOOK Book
Condition
NOOK Book
Buy USD 10.49
Available Discount
No Discount available

Join us and get access to all
your favourite books

Sign up for free and start exploring thousands of eBooks today.

Sign up for free