'n Nuwe Trek: Terug na u God: Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte J L
                        
                     
                                            
                            
                                                                by DU TOIT
                                                                
                                    2020-05-07 20:59:43
                                
                                
                             
                         
                                     
                
                    'n Nuwe Trek: Terug na u God: Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte J L
                                            
                                                            by DU TOIT
                                                        
                                2020-05-07 20:59:43
                            
                            
                         
                                        
                                                                                                Die 1838-Gelofte-bewoording algemeen in gebruik is 'n samestelling uit drie Gelofte-oorkondes:   (1) Die Kommandantsverslag in die (tweetalige) Kaapse Koerant De Zuid-Afrikaan gepubliseer kort na die Bloedrivier-veldslag;   (2) Die Kommandojoerna...
                                Read more
                                                Die 1838-Gelofte-bewoording algemeen in gebruik is 'n samestelling uit drie Gelofte-oorkondes:   (1) Die Kommandantsverslag in die (tweetalige) Kaapse Koerant De Zuid-Afrikaan gepubliseer kort na die Bloedrivier-veldslag;   (2) Die Kommandojoernaal binne enkele maande na (1) in dieselfde koerant afgedruk; en   (3) Cilliers se sterfbedherinnerings meer as 30 jaar later deur Hofstede gepubliseer.   ('n Cilliers-brief met soortgelyke inhoud het ook gedeeltelik behoue gebly.)  Vir die heel eerste keer word al die Gelofte-oertekste in oorspronklike weergawe, noukeurig en volledig in 'n enkele bundel weergegee, saam met al die redaksionele kommentaar wat in De Zuid-Afrikaan daaromheen verskyn het.   Na elkeen van die transkripsies word 'n skandering uit die vroegste-behoue uitgawes van die oorkondes gegee, naamlik van daardie paragrawe wat die Gelofte-bewoording bevat.  Die bundel sluit af met aantekeninge waarin die Gelofte-bronne met mekaar en met die gangbare weergawe vergelyk word.
                             Less