´n Toep vir Elke Stoep
by Helana Olivier
2020-05-16 10:14:18
Leef onbevrees, kry blitsantwoorde, probeer op koers bly terwyl jy nie moed verloor nie. Probeer om die regte ding te doen, terwyl jy die storms in jou lewe trotseer. Dalk kan jou eiesoortige reis ene van lig wees wat ander bemoedig.Tel ‘n Toep...
Read more
Leef onbevrees, kry blitsantwoorde, probeer op koers bly terwyl jy nie moed verloor nie. Probeer om die regte ding te doen, terwyl jy die storms in jou lewe trotseer. Dalk kan jou eiesoortige reis ene van lig wees wat ander bemoedig.Tel ‘n Toep vir elke stoep op en lees ‘n kort gedeelte. Jy kan self besluit HOE jy daarop wil reageer.Plaas hierdie gids op ‘n plek waar jy dit selfs in die donker sal kan raakvat.Oor die SkrywerHelana Olivier, skrywer van verskeie boeke onder andere topverkoper “Ware verhale van hoop”, woon in Durban, Suid-Afrika. Sy is getroud en het drie volwasse kinders. Sy behaal ‘n B A graad en ‘n nagraadse diploma in vertaalkunde aan die Universiteit van Stellenbosch asook ‘n lisensiaat in spraak en drama. Sy is op die uitvoerende komitee van The South African Association of Speech and Drama Teachers.Sy het verskeie kursusse in berading gedoen en tree op as motiveringspreker.
Less